SPORT

Auch im sportlichen Bereich bietet unsere Schule ein ausgewogenes Programm. Es wird alles unternommen, um allen Schülern die Möglichkeit zu geben, an den verschiedenen Sportarten teilzunehmen. Die Trikots werden den Schülern von der Schule ausgeliehen und müssen nicht zusätzlich gekauft werden.

Die Altschüler nehmen auch erfolgreich an verschiedenen Sportarten in der Höheren Schule teil. Zahlreiche Altschüler waren bereits Teil der ersten Sportmannschaften in den Hochschulen und machten sogar auf provinzieller Ebene mit.

 

Op sportgebied bied ons skool ook ‘n gebalanseerde program aan. Daar word so ver as moontlik gepoog om al die leerders ‘n kans te gee om aan die verskillende sportsoorte deel te neem. Die sportklere word deur die skool voorsien en hoef nie gekoop te word nie.

Die oudskoliere neem ook met sukses in die hoërskool aan verskeie sportsoorte deel. Talle oudskoliere was reeds deel van die eerste sportspanne in die hoërskole en het selfs provinsiaal deelgeneem.

Atletiek

Die sportjaar begin dadelik met die atletiekseisoen. Die eerste atletiek-byeenkoms is altyd die Panther-Tiger Interhuis byeenkoms, waar naas die langafstande, naellope, en items soos verspring, hoogspring en gewigstoot ook items soos aartappelresies (egter met blokkies), sakresies en toutrek op die program is.

Ons neem ook aan die Interlaer Atletiekbyeenkoms van die Gert Sibande Atletiekbond deel. Die hoogtepunt is egter elke jaar die Interskole Atletiekbyeenkoms tussen die skole Wittenberg, Michaelis en Lüneburg. In ‘n gesonde gees word hier teenmakaar gewedywer en meegeding.

Schule Lüneburg Skool 39 Schule Lüneburg Skool sport

Krieket

In die derde kwartaal speel die seuns (o/10 – o/13) krieket en (o/7 – o/9) mini-krieket. By die mini-krieket word ‘n paar vriendskaplike wedstryde gespeel.

Die krieketseuns neem aan die liga vir kleiner skole deel. Ons spanne het die afgelope paar jaar baie goed gevaar.

Schule Lüneburg Skool 33 Schule Lüneburg Skool sport

Netbal

By die wintersportsoorte is ons by die Gert Sibande Streek (Mpumalanga) geaffilieer.

Na die paasvakansie speel die dogters met ywer netbal. Ons kleintjies word reeds met die reëls touwys gemaak en oefen balvaardighede. Tans neem ons by die Rugby en Netbal aan twee wintersportdae deel.

Netbal 5 Schule Lüneburg Skool sport

Rugby

Die seuns speel vanaf Graad 1 reeds wedstryde in Tag-Rugby. Die ouer seuns speel Sevens en neem ook aan die wintersportdae deel.

Schule Lüneburg Skool 086 Schule Lüneburg Skool sport

Schwimmen / Swem

Gedurende die eerste en vierde kwartaal word swemlesse by die skool aangebied. Teen die einde van die eerste kwartaal vind die Interhuis Gala tussen die Robben en Pinguine plaas. Ons neem ook deel aan die Interskole Gala tussen die drie Duitse skole.

Schule Lüneburg Skool 35 Schule Lüneburg Skool sport

Tennis

In die vierde kwartaal is daar Tennis vir seuns en dogters. Die Duitse Interskole tennisdag is altyd ‘n baie lekker afsluiting vir die tennisseisoen. Die dogters speel gedurende die derde kwartaal ook tennis.

Schule Lüneburg Tennis