Tydens die tweede skoolnaweek het ons graad 7’s saam met Meneer Bekker en Juffrou Johannes op ‘n leiersnaweek na Wandersheim gegaan.
Ons het ‘n intensiewe inligtingssessie gehad, waar ons onsself baie beter leer ken het en meer oor ons eie leierskapstyle ervaar het. Ons het dit afgewissel met ‘n vinnige swemsessie in die rivier voor die donderweer ons uitgejaag het, en snaakse spanbouaktiwiteite. Dit het die res van die naweek gereën!
Meneer du Plessis het Vrydagaand vir aandete gesorg en ook ‘n interessante werkswinkel ten opsigte van goeie leierskap aangebied. Na min slaap en laatnag lagsessies het die Saterdagoggend ook met diep gesprekke, ‘n oordenking en ‘n laaste werkswinkel begin. Ons het baie oor ons eie sterkpunte en swakpunte nagedink. Daarna het ons heerlike ontbyt vir almal gemaak en ‘n reflektiewe samevatting het die naweek beeindig.
Wandersheim was weereens ‘n ideale plek om te leer en te ontspan en die beeldskone natuur te geniet. Ons sien uit na ons jaar in graad 7!