Wernich Bekker
Die graad 7-klas het met opgewondenheid Vrydag, die 22ste Oktober na Badplaas vertrek vir hulle afskeidsnaweek. Daar was ‘n paar rooi gesiggies op die bus gewees, nadat daar vir die leerders elk ‘n stukkie “Chilli-bite” uitgedeel is en ons kon kyk, wie die langste geen emosies kon wys nie.
Die Vrydagaand het die leerders hulle Masterchef talente gewys en vir hulself en die personeellede wat saam gegaan het gebraai. Die leerders het hulself elke dag uitgeput met die Rinkhals en “super tube”, waarop hulle gery het en het hulself net geniet.
Ongelukkig was hulle bietjie treurig weens beurtkrag, wat verhoed het dat hulle die Sondag op die Rinkhals kon ry, maar buiten dit het hulle ons gerus gestel en gesê, dat dit ‘n ongelooflike lekker naweek vir hulle was.
Ons groet die graad 7-klas en wens hulle alles van die beste in hul nuwe lewensafsnit toe.