Afskeidnaweek
Die Vrydagoggend na die afskeidsfunksie het die graad 7-dogters met Mnr. Schmidt, Mev. Niebuhr en Oom Walter na Badplaas vertrek. Dit was yskoud en het die hele pad soontoe saggies gereën – maar nogsteeds was ons baie opgewonde oor die naweek. Nadat ons gearriveer het, het ons in die heerlik warm spa swembaddens geswem, totdat ons in ons chalets kon inboek.
Daar is baie bord- en kaartspeletjies oor die naweek gespeel, omdat die weer glad nie in ons guns was nie. Met ‘n maksimum temperatuur van 14oC Saterdag, het ons nie kans gesien vir die koue swembaddens nie. Ons het egter almal saam “Go-carts” gery en het gesien dat Oom Walter van spoed hou! Albei aande het ons gebraai en regdeur die naweek heerlik geëet – wat is daar dan beter om te doen in koue weer as lekker eet?
Sondagoggend het ons, natuurlik in sonskyn, huis toe gery na ‘n baie genotvolle naweek. ‘n Hartlike dank aan die ouers wat hierdie besoek moontlik gemaak het, sowel as Mnr Schmidt, Mev. Niebuhr en Oom Walter wat ons die naweek vergesel het!