Schule Luneburg 134 Schule Lüneburg Skool

Beide, die o/11 en o/13 spanne het hierdie kwartaal baie mooi rugby gespeel. Albei spanne het aan 2 wintersportdae deelgeneem. Die onder 11’s het by ons eie sportdag aanskoulike rugby gespeel en altwee hul wedstryde baie oortuigend gewen. Die onder 13’s het 1 wedstryd verloor en 1 gewen. Tydens die Maranatha-sportdag, wat op Piet Retief Hoërskool se velde, gespeel is, het albei spanne goeie verbetering getoon met possesionele spel en verdediging. Daar is baie mooi drieë gedruk en Benjamin Hambrock (o/ 11) het gesorg vir die “drie van die dag” met spoed teen die kantlyn af, deur rondom al die verdedigers te hardloop en die bal na omtrent 90+ meter onder die pale neer te sit.

Altwee spanne sal in die 3de kwartaal se eerste naweek aan ‘n toernooi by Egerton in Ladysmith deelneem om die rugbyseisoen op ‘n goeie en positiewe noot af te sluit.

Daar is ook deelgeneem aan streeksproewe vir Noord Natal in Vryheid, maar ongelukkig is geen van ons seuns dié jaar gekies nie. Aanhouers wen!

Dankie aan elke ouer, wat hul seuns die geleentheid gebied het om rugby te speel. Jul ondersteuning word opreg waardeer. Sonder jul positiewe gesindheid sou dit nie moontlik gewees het nie.

Previous