As gevolg van die Covid-regulasies het ons hierdie jaar die Panther-Tiger atletiekbyeenkoms in twee dae verdeel om die hoeveelheid toeskouers te akkommodeer.

Die juniors het Dinsdag die 9de Maart aan hulle items deelgeneem en die seniors die 11de Maart.

PANTHER-TIGER ATLETIEK 2021As gevolg van die verdeling was die gees op die paviljoen elektries gewees, omdat daar meer leerlinge in hul spanne was om hulle spanlede aan te moedig met sang en gees.
Daar het ook ‘n paar rekords gespat. Die oudste ene, wat in 1999 deur Nina Willemse opgestel is vir die 1200m dogters o/10, is verbeter deur Danielle Hambrock.

Ralph Thiele het selfs ‘n rekord by die gewigstoot o/10 seuns met amper ‘n meter verbeter, wat reeds in 2010 opgestel is.
Dankie aan al die beamptes se hulp sowel as die afrigters se insette gedurende die kwartaal. Ons sien uit vir die volgende atletiekseisoen.

Trofeë:

Die Tiger-span wen die byeenkoms.

Nuwe Rekord:

Carel du Plessis