Atletiek 3 Schule Lüneburg Skool

Carel du Plessis

Die 8ste Februarie het ons Panther-Tiger interhuis-atletiekbyeenkoms plaasgevind, met ‘n pawiljoen vol toeskouers. Die ouers en grootouers was toegelaat om dié byeenkoms by te woon, waaroor ons onsettend dankbaar is.

Twee nuwe rekords is opgestel:

Carsten Meyer: S o/12 Gewigstoot

Ralph Thiele: S o/11 Gewigstoot

Die volgende trofeë is uitgedeel:

Mini Victrix Ludorum: Zenande Ngema o/9

Mini Victor Ludorum: Carl Drewes o/7

Jnr Victrix Ludorum: Danielle Hambrock o/11

Jnr Victor Ludorum: Kevin Filter o/11

Snr Victrix Ludorum: Michelle Hinze o/13

Snr Victor Ludorum: Mukelo Nkosi o/13

Beste 1200m Seun en Dogter: Kevin Filter + Danielle Hambrock

Beste velditem: Ralph Thiele – Gewigstoot

Die wenspan was die Tiger met 750 punte teenoor 586. ‘n Reuse dank vir die personeel se insette om die byeenkoms suksesvol te maak.

Die Interlaer atletiekbyeenkoms het die 18de Februarie te Morgenzon plaasgevind. Ons atlete het baie goed gevaar en het 14 goue, 15 silwer en 11 brons medaljes gewen.

Cara Niebuhr (o/7) het die trofee vir “Beste junior dogters baanitem” gewen.

Baie geluk aan die atlete en dankie vir die ondersteuners – dit was werklik ‘n suksesvolle dag gewees.


Die 26ste Februarie het die Duitse Skole Atletiekbyeenkoms te Wittenberg plaasgevind.

Ons atlete vaar baie goed en verower 29 eerste plekke, 34 tweede plekke en 27 derde plekke. Ons wen ook albei kampioenskap aflosse (seuns en dogters) sowel as die seuns toutrek.

Ons stap huis toe met die volgende trofeë:

Kampioenskap Aflos (seuns en dogters)

Junior Victrix Ludorum: Danielle Hambrock

Senior Victor Ludorum: Michelle Hinze

Baie geluk aan ons atlete vir hul prestasie en welgedaan aan die personeel vir die voorbereiding en afrigting van ons leerders.

Aan die ouers wat met die afrigting gehelp het ‘n hartlike dank (Liska Hambrock en Renier Steffen).