Atletiek. Ons atlete was goed voorbereid hierdie afgelope atletiekseisoen en het elke liewe een hul kant deur en deur gebring. Ons het drie byeenkomste gehad waaraan ons deelgeneem het: Panther/Tiger Sportfest Dit was voorwaarlik ‘n ongelooflike dag gewees vir sport.
Al ons leerders het baie mooi deelgeneem aan die onderskeie items op die dag en „n rekord of twee is ook gebreek. Danielle Hambrock breek die 600m dogters o/7 rekord en Kevin Filter breek beide die 600m en Kartoffellauf rekords vir seuns o/7.
Aan die einde van die dag is die volgende uitsonderlike prestasies aan atlete toegeken:
- 1200m Beste seun: Harald Gevers
- 1200m Beste dogter: Megan Filter
- Beste velditem: Anna Meyer
- Mini Victor Ludorum: Kevin Filter
- Mini Victrix Ludorum: Meninke Klingenberg
- Junior Victor Ludorum: Jürgen Prigge
- Junior Victrix Ludorum: Anna Meyer
- Senior Victor Ludorum: Phillip Thiele
- Senior Victrix Ludorum: Megan Filter
- TWK-Skild: Panther Interlaer
Ons jaarlikse interlaer was te Amsterdam teen Wittenberg, Amsterdam, Morgenzon, Maranatha en Amersfoort. Die dag was koud en die reën het gekom en gegaan, maar die dag was ‘n sukses gewees.
Ons leerders neem gereeld 1ste tot 3de plekke in verskeie items. Megan Filter breek ‘n rekord in die o/12 hoogspring wat vir 26 jaar gestaan het op 1.34m. Megan verbeter dit na 1,39m. Ons behaal onderskeidelik 10 eerste, 7 tweede en 7 derde plekke.
Deutsches Sportfest Dit was „n dag vir die boeke wat vir lank onthou sal word. Die Deutsche Sportfest was te Wittenberg teen Wittenberg en Michaelis. Dit was „n perfekte dag vir besonderse atletiek gewees. Lüneburg se atlete wys wat in hulle steek en gereeld staan ons atlete op die podium.
Rekords word gebreek. Ouers en ander belanghebbenes op die pawiljoen skep die atmosfeer van sukses en elke keer wat een van ons atlete op die podium klim om hul medalje te ontvang, dreun die Lüneburg skare van trots en geluk. Ons behaal hierdie jaar 28 goue, 29 silwer en 26 brons medaljes en verbeter aansienlik van laasjaar se 15 goue-, 30 silwer- en 26 brons medaljes. Kevin Filter breek die seuns 0/7 600m rekord en Meninke Klingenberg die meisies 0/8 600m rekord.
Ons Dogters Kampioensaflosspan wen die Kampioensaflostrofee en Anna Meyer was aangewys as die Junior Victrix Ludorum van die dag. Smarties byeenkoms Megan het aan die Piet Retief streeks-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Sy het ‘n 2de plek in Hoogspring, 3de plek in Verspring en ‘n 3de plek in gewigstoot behaal. Sy is opgeneem in die streeksspan en het verder gaan deelneem aan die Gert Sibande byeenkoms waar sy gekwalifiseer het om aan die Mpumalanga Champs deel te neem.
Hier word slegs die wenners verkies om aan SA‟s te gaan deelneem. Megan het dit ongelukkig nie gemaak nie, maar ons as skool is ongelooflik trots op haar en haar uitsonderlike prestasies. Baie geluk aan al ons atlete, julle is regtig die baanbrekers waarop ons as skool en gemeenskap ongelooflik trots is. Julle gedrag en dissipline is uit die boonste rakke en ons as ‘n klein skool kan bors uitstoot en saam die groot skole hardloop, want julle almal is wenners.
Lauriska Hillermann