Atletiekseisoen 2020

Die atletiekseisoen het met ‘n suksesvolle Interhuis, die jaarlikse „Panther-Tiger“, afgeskop.

Die dag is altyd ‘n hoogtepunt vir ouers en leerders en is gevul met hope gees. Die Tiger-span het na afloop van die byeenkoms die beker gewen. Baie geluk!

Die atlete het die 14de Februarie aan die Interlaer te Wittenberg deelgeneem. Al ons atlete het baie goed gevaar op alle gebiede van die atletiekveld. Daar is ‘n totaal van 17 goue-, 19 silwer- en 9 bronsmedaljes deur die atlete gewen. Die volgende toekennings is aan ons atelete uitgedeel:

  • Beste baanitem vir junior dogters : Zenande Ngema o/7 600m.
  • Beste baanitem vir junior seuns: Kevin Filter o/9 600m.
  • Beste velditem vir senior seuns: Carsten Meyer o/10 Gewigstoot.

Verder het die atlete het op die 22ste Februarie in Vryheid deelgeneem aan die Duitse Atletiek Fees (DSF). Weereens het elke atleet uitgehaal en gewys wat hulle kan doen. Die dag het baie goed verloop en die atlete het ‘n totaal van 96 medaljes ingesamel, waarvan 33 goud, 37 silwer en 26 brons was. Die volgende atlete het ‘n trofee ontvang:

  • Michelle Hinze: Victrix Ludorum
  • Harald Gevers: Victor Ludorum

Die seisoen het baie goed vir al die atlete verloop en ons is almal baie trots op elke atleet se prestasie wat hulle behaal het. Dankie aan almal vir hulle ondersteuning reg deur die seisoen. Dit word opreg waardeer. Ons wens alles van die beste aan al ons atlete toe vir die komende jaar en hoop dat hulle sal aanhou om so te presteer.

– Wernich Bekker
Comments are closed.