Swem 13 Schule Lüneburg Skool

Wernich Bekker

Op 4 Maart 2022 het die Robben-Pinguine Swemgala te Lüneburg plaasgevind.

Dit was die eerste keer in ‘n volle 2 jaar dat ons toeskouers toegelaat het om saam ons die atlete se talente te bewonder. Die Robben het die swemgala gewen, maar die Pinguine sal hopelik volgende jaar terug byt. Daar het ‘n totaal van 9 rekords geval en hulle was soos volg:

Lagenstaffel

Dogters o/12+13: Robben 45,18 s

Seuns o/12+13: Robben 41,40 s

Kraulenstaffel

Dogters o/13: Robben 42,09 s

Seuns o/13: Robben 36,69 s

Delphinschwimmen 2 x 15m

Seuns o/12: Sheldon Mller 26,81 s

Seuns o/13: Calvin Müller 20,34 s

Rücken 2 x 15m

Seuns o/11: Sheldon Müller 26,81

Dogters o/11: Danielle Hambrock 28,59

Brustschwimmen 2 x 15m

Seuns o/12: Carsten Meyer 25,69 s

Die trofeë het aan die volgende atlete gegaan:

Mini Victrix Ludorum: Lienke Nigrini

Mini Victor Ludorum: Kuhlekonke Nkosi

Junior Victrix Ludorum: Danielle Hambrock

Junior Victor Ludorum: Kyle Niebuhr

Senior Victrix Ludorum: Michelle Hinze

Senior Victor Ludorum: Sheldon Müller


‘n Week na die interhuis swemgala het ons na twee jaar weereens die eerste DSF gehad te Vryheid. Lüneburg het ‘n algehele tweede plek behaal by die swemfees. Ons atlete het ongelooflik goed presteer en ons was baie trots op hulle almal. Besonderse prestasies was as volg:

Die o/14 seuns het die medley-aflos rekord gebreek.

Calvin Müller het die vlinderslag en rugslag rekorde gebreek, sowel as die Senior Victor Ludorum ontvang.

Dit was ‘n besige eerste kwartaal vir die atlete, maar hulle het steeds ongelooflik presteer en het vir ons gewys, wat in hulle steek tydens hierdie swemseisoen. Ons is dankbaar vir alle afrigters en hulle insette en sien uit na die volgende swemseisoen, waar ons weet die atlete weereens sal presteer. Baie geluk aan al ons atlete en hulle deursettingsvermoë hierdie kwartaal. Ons is werklik baie trots op julle!