Netbal 5 Schule Lüneburg Skool

Angelika Johannes

Tydens die wintersportseisoen in Mei het al die dogters aan ‘n netbalkliniek te Wittenberg deelgeneem. Die kliniek het oor twee dae gestrek en is deur die Protea-speelster Romé Joubert aangebied. Dit het bestaan uit intensiewe eenhede met verskillende oefeninge vir opwarming, vaardighede en die spel.

Die eerste dag het spesifiek gefokus op verdedigende spel en elke leerder het die geleentheid gekry om verskillende opsies inteoefen. Balvaardighede en gooi-en-vang-tegnieke is tussendeur ook beklemtoon en uitgewys. Die tweede dag kon hulle aan hul aanvallende spel werk. Dit was baie interessant om te sien hoe vining hulle die moontlikhede op die baan kon implementeer. Romé het ook demonstreer, hoe die afgooie afgewissel kan word. Die strategië kan deur alle ouderdomsgroepe gebruik word.

Ons is baie bly dat ons dogters die geleentheid gehad het, om tenminste ‘n kliniek te kan bywoon, omdat daar weereens geen wedstryde kon plaasvind nie. Ons sien uit om hopelik volgende jaar in toernooie te kan wys wat ons geleer het!