Ons seuns hat vanjaar aan die o/11 Zululand liga deelgeneem sowel as aan die o/13 en o/11 Sewes kriekettoernooie. Ons het ook ‘n paar vriendskaplike krieketwedstryde gespeel. Die verslae van die wedstryde volg:
o/13 Sewes kriekettoernooi te Lüneburg
Vrydag, die 28ste en Saterdag, die 29ste Julie het ons die jaarlikse o/13 Sewes toernooi hier op Lüneburg aangebied. Altesaam 8 skole het deelgeneem en ons o/11 seuns het teen Wittenberg, Michaelis en LMS in ‘n groep gespeel. Ons o/11s het gewys dat hul nie terugstaan vir die groter spelers nie en het elke wedstryd hul harte uitgespeel. Ons verloor teen Wittenberg en LMS en wen Michaelis se span. Die toernooi word ten einde deur Laerskool JJ van der Merwe (Ermelo) gewen. Ons as skool is baie trots dat ons leerders so goed teen die ‘groter seuns’ gespeel het.
o/11 Sewes kriekettoernooi te Wittenberg
Ons kan, ons sal en ONS HET…
Ons het in die groep waarin ons gespeel het nie teruggestaan vir enige iemand nie, ons wen al drie skole in ons groep: LMS, Pongola en JJ van der Merwe. In die finaal het ons spelers hulle harte uitgespeel en ten alle tye hul bes gegee, ongelukkig kon ons nie genoeg lopies maak om Laerskool Delmas te wen nie, en so word ons die naaswenenners van die toernooi. Ons as skool en gemeenskap is ongelooflik trots op ons spelers en bly dat hulle ons naam so hoog gehou het, as opregte Lüneburgers.