Schule Lüneburg Skool - Redenaarsaand

Die redenaarsaand aand het bietjie laat afgeskop a.g.v. beoordelaars wat verdwaal het. Gelukkig was daar bekwame plaasvervangers en vinnig-vinnig was ons goed op dreef.

Die graad 3-leerders was eerste aan die beurt en hulle het hul fantasties van hul taak gekwyt. Die graad 4 en graad 5-leerders was volgende aan die beurt en hulle het toesprake van hoë gehalte gelewer; propvol humor. Die beoordelaars het die skool gevind en vol entoesiasme die graad 6 en graad 7-leerders beoordeel.

Ons bedank mnr. Kurt Gevers en mev. Carola Mostert saam met mev. Hillermann wat ingespring het as plaasvervanger-beoordelaars. ‘n Baie groot dankie aan mev. Tharina Marais, mev. Annelie Grobbelaar en mev. Annelie Vermaak wat ten spyte van alles opgedaag het en met hope entoesiasme, glimlagte en opgewondenheid aan die werk gespring het. Hulle het die beste gemaak van hul tydjie saam met ons en hul terugvoering word opreg waardeer.
Ons wenners vir 2018 was soos volg:

  • Beloofde redenaar – Daniël Niebuhr
  • Junior redenaar – Christian Hinze
  • Senior redenaar – Angelika Gevers

Baie dankie aan elke leerder vir jul insette en leer van toesprake. ‘n Besonderse dank aan elke ouer vir julle hulp, ondersteuning en bystand. Ons sien uit na volgende jaar se redenaarsaand.