Mini-Krieket
Die krieketseisoen vir die o/7’s, o/8’s en o/9’s was baie prettig gewees. Ons het van die begin van die seison af al die beginners die regte boultegnieke geleer.
Die nodige hand-oog-koördinasie was ‘n bietjie meer uitdagend met so ‘n klein bal. Die seisoen was gevul met wen en verloor. Die leerders het mekaar gemotiveer en nie hoop of moed verloor nie.
Die 0/9-groep het al hul wedstryde gewen. Hulle het ons trots gemaak en as ‘n span werklik gegroei. Ons sal hulle mededingendheid en entoesiasme op die mini-krieketveld volgende jaar mis.
“Ons wens hulle baie paaltjies en lopies vir die toekoms toe, wanneer hulle volgende jaar die harde bal krieketliga begin.” Mev. Hambrock & Wortmann en Juf. Filter
– Michelle Hambrock