Vandag gaan geen tellings van die sportdag gegee word nie maar dankbaarheid gaan uitgespreek word teenoor almal wat die dag ‘n sukses gemaak het.
Twee skole se toeskouers sit op die pawiljoen en gesels soos ou vriende, kinders speel met mekaar asof hul in dieselfde skool is en personeel praat en lag asof hul in dieselfde skool elke dag saam werk. Baie dankie vir Lüneburg en Wittenberg se toeskouers wat gemaklik met geen gevoelens teenoor mekaar, personeel van beide skole vir julle ure se ontbaatsugtige hulp op en af van die sportveld BELANGRIKSTE dankie aan ons skole se spelers met julle mooie gedrag en goeie gesindhede teenoor almal.
So indien jy punte verwag het vandag, jammer, maar ek gee jou iets wat almal in hul lewens verdien … ‘n Applous met groot trots vir oud en jonk. Aan die einde van die krieketseisoen spreek ons ‘n reuse dank uit aan al die ondersteuners, dit word opreg uit die diepte van ons harte waardeer om so baie mense te sien wat ons leerders ondersteun.
Baie dankie aan Alwin Böhmer wat met elke wedstryd telling gehou het asook vir Karl-Heinz Beneke wat vir ons ‘n hele paar wedstryde geskeidsreg het. Julle insette word opreg waardeer. Vir al die afrigting – deur Mnr. Ludwig Schmidt, sowel as ander helpers – dankie vir dit wat julle vir ons leerders doen. Ons waardeer dit!