Wernich Bekker
Graad 7 Seuns
Die krieketseisoen was in hierdie jaar ongelukkig baie kort. Min wedstryde kon gespeel word en die kompetisie teen ander skole was nie altyd toegelaat nie.
Ons het wel teen ons pa’s gespeel en dit was beslis ‘n hoogtepunt. Die o/11’s en die o/13’s het op verskillende dae volle wedstryde teen hulle pa’s gespeel en dit was heerlik om die goeie atmosfeer en die sportmanskap te beleef. Mens kon duidelik sien dat die goeie talent van ons leerders van ons ouers geërf is!
Ons o/13-span het ook teen Wittenberg en Michaelis gespeel en alle wedstryde gewen. Dit was lekker om tog nog ‘n klein toernooi te kon speel. Ons hoop dat ons volgende jaar weer meer wedstryde en toernooie kan speel!