Schule Lüneburg Skool Krieket

Hierdie jaar het ons twee krieket spanne in die liga ingeskryf, ‘n o/11- en ‘n o/13-span. Vir sekere o/11’s was dit rof, want hulle moes vir beide spanne speel.

Maar ons spelers staan vir niks terug nie en in die liga verloor ons o/11-span slegs 1 wedstryd en slaag dus daarin om in die semi-finaal te beland, waar ons net-net teen Pongola verloor. Ons o/13-span verloor net 2 wedstryde en veg in die semi-finaal teen Michaelis. Na ’n taai wedstryd, verloor ons ongelukkig met net een lopie.

Tydens die o/13 sewes krieket naweek wen ons skool ons groep en speel in die finaal teen Wittenberg. Ongelukkig verloor ons, maar ons spelers speel regtig mooi.
Die o/11 sewes krieket-span wen ook almal in ons groep en speel teen Delmas Laerskool in die finaal. Ons wen hulle en ons spelers word gekroon as span van die toernooi.
Ons spanne speel ongelooflik mooi en met hulle deursettingsvermoeë wys hulle dat hulle vir niks en niemand terug staan nie, ongeag hoe groot. Ons is trots op julle!

 – Ludwig Schmidt