Jacques Malan
Die o/11-krieketspan het hierdie seisoen puik krieket gespeel. Hulle het in Augustus te Lucas Meyer Laerskool ‘n toernooi gespeel. Hulle het 4 wedstryde gespeel en al 4 is baie oortuigend gewen, waar hulle dan in die finaal teen Michaelis gewen het en dus as die wenners van die toernooi gekroon is.
Die 9de September neem hul aan Wittenberg se 7’s-kriekettoernooi deel en wen die toernooi ook deur Wittenberg in die finaal te klop. Erich Klingenberg is as die beste kolfer en Rico Nigrini as die beste bouler van die toernooi aangewys.
Daar is ook 2 vriendskaplike wedstryde gespeel teen Alpha & Omega en Wittenberg gespeel. In die wedstryd teen Alpha & Omega het Lüneburg 144/4 in 20 boul beurte gekry. Die teenstanders het toe gekolf en die spel moes a.g.v. weerlig stop. Alpha & Omega het teen daardie tyd 9/4 op die telbord gehad.
Op 26 September speel hul teen Wittenberg en wen die wedstryd met 6 paaltjie.
Baie geluk met ‘n goeie seisoen!