Schule Lüneburg Skool Boomplantdag

Op Vrydag, 1 September het ons ons jaarlikse boomplantdag hier by die skool gehad.

Ons het ‘n Van Wykshout boom langs die graad 7-klas geplant. Hierdie boom word deur die graad 7-leerders geplant en moet dan deur die graad 1-klas van die jaar versorg word. Die leerders is elke jaar opnuut opgewonde as hulle gaan kyk of hulle boom nog lewe (en nie intussen afgekap is nie) en om te sien hoe hy gegroei het.

‘n Hartlike dank aan Herr Gevers wat ons bietjie meer oor die Van Wykshout vertel het en aan Mnr. Schmidt wat met die voorbereidings gehelp het. Die boom wat elke jaar geplant word, word deur TWK geborg – ons dank hulle vir hulle insette en belangstelling in ons skool.