Schule Lüneburg Skool - Boomplantdag

BOOMPLANTDAG, RENOSTERDAG EN “BACKAWARENESS” – GRAAD 7’S

Die 21ste September was ons nasionale boomplantdag by die skool. Ons het ‘n wildeperskeboom geplant. Bianca het ons meer oor die boom vertel en Silke het ons ingelig hoe om die boom te versorg. Dis die graad 1’e se boom en hulle sal hom verder versorg.

Op dieselfde dag was dit ook die World Rhino Day. Angelika het ons meer inligting gegee oor die renoster en ons vertel hoekom dit so belangrik is om die renoster te beskerm.
Daardie oggend het die Gr.7’s vir ons ‘n opening oor bome gehou en ons herinner dat elkeen van ons spesiaal gemaak is en dat God ‘n plan vir ons lewe het, wat altyd die beste sal wees.

Na die opening het tannie Liska ons meer oor ons rug vertel, omdat dit in Augustus rugmaand was. Dit was baie interessant om te leer hoe die rug werk. Sy het ons ook die regte posisie gewys hoe om te sit, staan en lê. Dit was ‘n opwindende en baie leersame skooldag gewees!

Comments are closed.