“Om te gee maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.” — Handelinge 20:35.
Valentynsdag is eintlik ‘n dag soos vele ander, maar is ook ‘n dag waar ons almal kan dankbaar wees vir wat ons, deur God se genade, alles ontvang het.
Die Lüneburg leerders het hierdie jaar weer in hulle rooi en wit kleertjies skool toe gekom. Vir hierdie voorreg is hulle gevra om ou speelgoed of klere saam te bring vir die Imphelanthle Kinderhuis in Paulpietersburg. Dit was wonderlik om te sien hoe onselfsugtig en in oormaat vir hierdie doel gegee is.
Om te deel maak ‘n groot verskil. Dit gee nuwe hoop en liefde aan baie van die kinders wat nie so ‘n bevoorregte lewe soos ons het nie. Ons hartelike dank aan almal wat bygedra het tot die groot sakke vol klere en speelgoed.