Mareylin Olivier
Sommige van ons seuns, wat nie aan rugby deelgeneem het nie, het gedurende hierdie kwartaal tennis geoefen en gespeel. Dinsdag, 6 Junie het vyf van ons seuns deelgeneem aan ‘n rondomtalie-tennistoernooi in Piet Retief by die hoërskool se tennisbane.
Die seuns het baie goed gevaar tydens die tennistoernooi en ons is baie trots op hulle. Daar is ‘n totaal van tien enkelspelle gespeel, waarvan vyf gewen is. Die seuns het ook drie dubbelspelle gespeel, waarvan twee gewen is. Wel gedaan, seuns!