Erika Niebuhr

Dié hoogtepunt op ons skoolkalender het Donderdag, 2 Desember, plaasgevind. Hier word die leerders op akademiese-, kulturele- en sportgebied vir hul prestasie vereer, alhoewel ons hierdie jaar weereens nie al die pryse kon verleen nie. Ons is baie trots op elkeen van ons leerders wat gedurende die afgelope jaar die vrugte gepluk het van dit wat hulle ingesit het.

Ons het vanjaar in elke graad 2 nuwe pryse uitgedeel:

Graad 4: Taalprys – Ruben Meyer en Wiskunde & Wetenskapprys – Ruben Meyer

Graad 5: Taalprys – Chichima Masondo en Wiskunde & Wetenskapprys – Alex Klingenberg

Graad 6: Taalprys – Nkazimulo Masondo en Wiskunde & Wetenskapprys – Bernd Böhmer

Graad 7: Taalpryse – Anna Meyer en Wiskunde & Wetenskapprys – Harald Gevers

Baie geluk aan ons graad 7-leerders wat die volgende uitsonderlike prestasies ontvang het:

· Die Benevolus-trofee vir hardwerkende, pligsgetroue, vriendelike, hulpvaardige kameraadskap: Anita Thiele

· Die DUX-leerder met die hoogste gemiddeld: Harald Gevers