Die opedag gee toekomstige graad 1-gesinne die geleentheid om ‘n blik in die formele skoollewe te kry. Die SBL, saam met die onderwyspersoneel, lig die ouers in met talle skyfievertonings en belangrike inligting oor die skool.
Die graad R-leerders het ‘n glinster-yskasmagneet gemaak en die tyd in die sorg van ons student-onderwyseres, Fr. Grobler, geniet. Die skool-brosjure is aan die ouers uitgedeel, saam met die skakel vir registrasiedoeleindes.
Hierdie dag word deur die huidige graad 1-leerders voorberei. Hulle hou baie daarvan om deel van die teken, plak en skryf te wees. Dit gee hulle ‘n spesiale doel en hulle SKYN!
‘n Belangrike boodskap, wat ek met die ouers bespreek het, is dat emosionele en sosiale ontwikkeling ‘n groter rol speel as akademie, wanneer jy die skoolgereedheid in jou kind wil bevorder.
Ons kan nie wag om jou naam volgende jaar op ons muur te sien nie!