Schule Lüneburg Skool Cricket League

Ons het ‘n wonderlike oggend saam gehad om alles op te stel vir die jaarlikse Mini-basaar. Ons het stres gehad met Andreas se harde stomp, maar toe het ons dit uitgesorteer deur baie gaatjies te maak en water daarop te gooi.

Die Mini-basaar het begin en dit was soos ‘n storm op ons. Die kinders het die speletjies baie geniet! Alex het „Blikkies gooi“ aangebied, Eckard „Water pong“, Megan „Bottle flip“, Andreas „Hammer slaan“, Simone „Drie-been-loop“ en Phillip „skyfskiet“. Hulle het al die speleties terdeë geniet. Aan die einde van die dag het ons „Hoender jaag“ aangebied.

Die tweede hoender wou saam met die eerste hoender vlug, maar ons Graad 7’s het hom vinnig weer gevang. Na die afloop van die speletjies het ons die pryse vir die wenners gegee. Die wenners vir „Hammer slaan“ was Carsten en Christian Hinze, by „Bottle flip“ het Kevin en Mukelo gewen en by „Water pong“  was dit Thomas en Christian Hiestermann. By „Drie-been-loop“ het Mukelo en Tristan en Lizmay en Lara eerste gekom en by „Skyfskiet“ het Carsten en Kai Klingenberg gewen. Baie geluk aan al die wenners.

Mini-basar 2018