WhatsApp Image 2023 06 20 at 10.32.54 Schule Lüneburg Skool

Angelika Johannes

Aan die einde van die tweede kwartaal organiseer die Graad 7-leerders ‘n Mini-Basaar ten gunste van hul afskeidsnaweek. Die geld wat hulle insamel word gebruik om so ‘n naweek van afsluiting na ‘n lang laerskoolloopbaan moontlik te maak.

Elke leerder in die klas kry die geleentheid om hul eie speletjie uittedink en aantebied. Aan die einde van die dag word die wenners van elke speletjie aangekondig en hulle wen selfs ‘n prys.

Hierdie jaar was daar ‘n wye verskeidenheid van moontlikhede om te wen:

Thomas & Carsten – Gong Shoot

Alex & Tim – Nerf or Nothing

Zach – Hole in One

Sheldon – Cricket

Carissa & Chichima – Race Chace 2 win the Place

Lindel & Zanele – Rice Stick

Leane & Meninke – Blind Adventure

Alle jonger leerders geniet hierdie dag terdeë! Hulle speel, kompeteer en lag. Hulle drink heerlikke warm sjokolade en eet lekker springmielies. En hulle sluit die kwartaal op ‘n hoë noot af.