Liefde is om te gee

Valentynsdag word op die 14 Februarie gevier en is in die meeste kulture baie gewild. Op hierdie dag gee mense ekstra aandag aan mekaar en gee vir mekaar meestal iets spesiaals. In Lüneburg het ons die spesiale dag van liefde gevier deur rooi, pienk of wit aan te trek.

Aangesien baie kinders bekendes en geliefdes in die Aftreeoord in Paulpietersburg het, het ons besluit om ‘n bietjie van hierdie liefde aan hulle oor te dra.

Die kinders kon enige nie-bederfbare voedsel vir hierdie goeie doel skool toe bring. Op Maandag, die 27 Maart, het ‘n groepie kinders die geskenkie vol liefde aan die Aftreeoord oorhandig. Hulle het ook die tyd benut om vir die ou mense en hulle pligsgetroue versorgers ‘n paar liedjies op die blokfluit voor te speel. Die bejaardes het dit terdeë geniet. Ons bedank graag almal wat daartoe bygedra het om die dag ekstra spesiaal te maak.

Petra Brammer

Previous

Next