WhatsApp Image 2023 06 19 at 15.28.17 Schule Lüneburg Skool

Nina Elges (Graad 5)

Die klein skool met die groot pret!

Daar het Dinsdagoggend, 2 Mei 2023, groot opgewondenheid by Schule Lüneburg geheers toe die Graad 5 tot 7-leerders en hul onderwysers op hulle landsdienstoer na die Mpumalanga Laeveld vertrek het.

Na ‘n lang busrit het die toer afgeskop met ‘n besoek aan die Sudwala Dinosourus Park en Grotte. Daarna is die Bourke’s Luck Potholes besoek, waar hulle interessante feite oor die omgewing geleer het. Die entoesiastiese leerders kon ook hulle voetspore by die Kadishi Nature Trail in Blydepoort Forever Resort agterlaat.

Nog ‘n hoogtepunt was die insiggewende besoek aan die Moholoholo Rehabilitasie Sentrum. Na ‘n wonderlike week van leer, swem, speel en ontdek, kon die leerders met ‘n heerlike Wimpy-ete en hope nuwe herinneringe Vrydag terugkeer skool toe.