Landsdienstentoonstelling - Schule Lüneburg Skool

Landsdienstentoonstelling

Hierdie Landsdienstentoonstelling was ons tema water en plastiek. Ons leerders maak waterdiere uit herwinde plastiek. Die dag was ‘n reuse sukses gewees en Tannie Carol Preston kom vertel ons van haar skoonmaak in die vleilande in die Wakkerstroom distrik. Sy vertel ons ook van ‘n inisiatief “Eco bricks”, waar plastiek in bottels ingedruk word en dit gebruik word om plekke te bou. Die junior dogter wat gewen het was Anna Meyer en senior dogter Annika Drewes. Seuns wenners by die landsdiens was Ivan Klingenberg as junior seun en Jurgen Kruse as senior seun.

Ludwig Schmidt

Duitse Tennisdag

Die Duitse Tennisdag was vanjaar in Vryheid by die Lawns gehou. Ons ding mee teen Wittenberg sowel as Michaelis. Die dag speel ons spelers baie mooi, maar kon ongelukkig nie genoeg punte bymekaar maak om die trofees huis toe te sleep nie. Ons is nogtans trots op elke speler en sê dankie vir die afrigters se moeite deur die seisoen.

Ludwig Schmidt

Comments are closed.