Landsdiens Ekoklub
Op Donderdag, 28 September, het oom Bradley en oom Maritz van die World Wildlife Fund (WWF) met ons landsdiensmaats kom gesels oor interessante grasland spesies. Hulle het ons vertel oor verskillende soorte plante en diere wat in graslande voorkom, wat deur boerdery en mynbedrywighede bedreig word.
Ons waardeer die moeite wat hulle gemaak het om hierheen te kom en die tyd wat hulle geneem het om met ons te gesels.