– Erika Niebuhr
Ihr lieben Eltern, Großeltern und Freunde der Schule!
Freude. Was ist Freude? Was bringt dir Freude? Bestimmt kann ein jeder von uns an eine ganze Menge Sachen denken, die uns Freude bringen. Das Lächeln eines Kindes, Urlaub, Zeit mit der Familie, eine Tasse Kaffee. Egal, welche Freuden wir alltäglich erleben, ist bestimmt eine der größten Freuden für uns Christen, die Gewissheit, dass der Herr alles in seinen Händen hält. Wir können planen, was wir wollen, doch zuletzt führt der Herr die Sachen nach seinem Willen.
VREUGDE IS OM GOD IN BEHEER VAN ONS LEWENS TE PLAAS
(Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Vers-‘n-dag waardeer)
Spreuke 16:1 – ‘n Mens kan sy voornemens hê, maar die laaste woord daaroor kom van die Here af.
Toe Napoleon Bonaparte beplan om Rusland binne te val, wou een van sy raadgewers hom van plan laat verander. Napoleon het geweier om te luister. Sy raadgewer was moedeloos en het gewonder hoe hy hom van plan kon laat verander. Hy sê toe vir hom: “Onthou die mens wik, maar God beskik!” Napoleon het vol bravade geantwoord – “Nee, Napoleon wik en Napoleon beskik!” ‘n Christen wat dit aangehoor het, het gesê dat hierdie woorde die draaipunt kan wees in Napoleon se suksesvolle loopbaan. Ons weet vandag dat dit onderdaad so was. Hierdie inval in Rusland was die begin van Napoleon se ondergang!
Die mens beplan, maar dit is God wat die finale sê het. Wee die mens wat dit vergeet!
Baie mense sal kan getuig: Net sodra hulle gedink het dat hulle nou in volle beheer van hul lewens is, dan gebeur daar iets wat die mat onder hulle uitruk. Dit is dan waar ons besef: ons is nie in beheer van ons lewens nie, maar God is. Ja, dit is so dat ons eie sonde kan veroorsaak dat ons lewens in verkeerde rigting gaan, maar as ons die Here dien en Hom volg, moet ons bely dat Hy in beheer is. Dit beteken nie ons moet nie beplan nie. In die Bybel is daar baie voorbeelde van manne en vroue van God wat hulle reise en dade beplan het, byvoorbeeld Abraham of Paulus. Die spreekwoord sê dit mos: “He who fails to plan, plans to fail”, maar ons moet dit met ‘n nederige lewensingesteldheid teenoor God doen. Ons moet heeltyd besef dat die laaste woord van die Here af kom. Dit is waarom mense altyd aan die einde van hul voorneme of beplanning die woorde “as dit die wil van die Here is” toevoeg. Sommige gebruik die afkorting DV, wat beteken: Deo Volente (as die Here wil).As kinders van die Here moet ons altyd daarvan bewus wees, dat alles wat jy aanpak, jy in afhanklikheid van die Here doen. Ons almal weet dat ons nie al die hoekoms van die lewe nou beantwoord gaan kry nie, maar steeds bely ons dat God die koning van die heelal is.
Dankie Here dat U in beheer van my lewe is. Ek vertrou dat U dinge vir my die beste sal laat uitwerk! Amen.
Wir haben etwas versäumt…
Im vorigen Quartal wurden die neuen Eltern der Erstklässler willkommen gehießen und ein Ehepaar wurde tatsächlich ausgelassen. Also wollen wir das nachholen und heißen Renier & Inge Steffen herzlich willkommen in unserer Schulelternschaft – es tut uns Leid, dass eure Namen beim vorigen Mal rausgeschlüpft sind und trotzdem wünschen wir euch eine gesegnete Zeit an unserer Schule.
Auf Wiedersehen…
Im Laufe des Quartals haben 2 Familien unsere Schule verlassen, da sie neue Arbeitsgelegenheiten bekommen haben. Aus der ersten Klasse Tiaan mit Eltern Gerrit und Lelandi Steyn, und unsere Zwillinge aus der 3. Klasse Reinhart und Reeghart mit Eltern Roelof und Cristiné de Vries – alles van die beste met die nuwe begin, ons hoop julle vind vinnig julle voete in jul nuwe skole en tuistes.