Die graad 7-klas het hierdie jaar na Badplaas gegaan vir hulle afskeidsnaweek.
Oppad na Badplaas het Mnr. du Plessis vir die leerders “chilli bites” gekoop, wat die leerders laat snak het na hul asems.
Daar was vele grappe en pret gewees. Die gr 7’s het die personeel op sommige tye so laat skrik met maskers en die “air horn” dat hulle amper hartaanvalle gekry het. Die leerders het die rinkhals gery en sommer ook ‘n groot treintjie by die rinkhals gemaak – so erg dat Esami in die lug in geskiet het en ‘n paar keer gevlieg in plaas van geswem het. Die naweek het net te vinnig verby gegaan vir die graad 7-klas en voordat hulle kon keer was ons weer oppad terug huistoe. Ons groet die graad 7-klas en wens hulle voorspoed toe vir die nuwe fase van hulle lewens.
Wernich Bekker