Wernich Bekker
Die o/13-krieketseisoen het baie goed begin met Lüneburg se 7’s krieket, waar die o/13-span eerste geëindig het. Ons bedank TWK as die borg van hierdie toernooi.
In die liga is daar alreeds 6 wedstryde gespeel, waarvan Lüneburg 4 gewen het en 2 verloor het. Die span het wel deurgedring na die kwarteind-rondtes wat in die 2de week van die 4de kwartaal gespeel sal word. Ons wens alles van die beste vir die seuns en glo dat hulle nog verder sal kan aanbeweeg.
Die o/13-span het ook aan die Pongola-toernooi deelgeneem, waar hulle algeheel derde geëindig het.
Daar is in die laaste week ‘n vriendskaplike wedstryd teen Wittenberg gereël om as voorbereiding vir die kwarteind-rondtes te dien. Die o/13-span het hulself weer goed van die taak gekwyt, al was die weer baie sleg gewees. Hulle wen die wedstryd ook.
Die span het al ‘n paar lesse geleer in hierdie seisoen en het alreeds baie gegroei deur die loop van al die wedsrtyde. Ons is baie trots op hulle en hoop dat hulle sal aanhou ontwikkel en groei.
Baie dankie aan al die ouers se ondersteuning en motivering reg deur die seisoen. Dit word deur die afrigters en spelers baie waardeer.