Schule Lüneburg Skool - Bulletjies Rugby

Bulletjies Rugby. Dit was ‘n besonderse seisoen vir die Lüneburg rugbyspanne, omdat ons vir die eerste keer in jare 26 gretige rugbyspelers gehad het om fiks te hou.

Die oefensessies het balvaardighede, besprekingstyd oor die rugby-aanpak & merkerreëls en speltyd ingesluit. Die jongste groep het ons veral beïndruk, met hulle goeie hand-oog koördinasie en sportmanskap.

Die o/8 en onder o/9- spanne het ervaring van die vorige jaar getoon. Hulle het die geleentheid gekry om ‘n paar oorwinnings te geniet en het waardevolle lesse geleer van speltyd teen sterker spanne.

Die o/9s het hul finale Bulletjies-rugbyseisoen geniet – ons gaan hulle mis. Dankie Mark Filter en Volkmar Böhmer vir die afrigting van die spanne! Ons waardeer die tyd wat u vir ons skool en kinders ingesit het.