Ten einde ‘n skoolgemeenskap te wees, waar alle aandeelhouers effektief en gemaklik saam met mekaar kan funksioneer, benodig dit ‘n ongelooflik goed georganiseerde, entoesiastiese en bereidwillige beheerliggaam, wat onbaatsugtige insette lewer.
Telke middae aan die begin van elke kwartaal word in die personeelkamer elke aspek van die skoollewe bespreek en deurdink en heroorweeg.
Vrywillige ure word op die skoolterrein spandeer, om hier iets op te gradeer, daar iets nuuts te bou en êrens anders iets af te slaan. Agter die skerms word baie minute op die telefoon deurgebring om te onderhandel, te organiseer en kommunikasie tussen alle kanale te bevorder. ‘n Goue middeweg tussen alle betrokke partye te vind, is nooit maklik nie.
Juis daarom is ons van harte dankbaar dat ons die laaste 8 jaar deur twee bekwame pa’s van die skool op die beheerliggaam bestuur is – Meneer Carl Thiele as voorsitter en Meneer Johan Hiestermann as tesourier. Ons spreek ons innige dank aan julle uit (en natuurlike julle ystervrouens!).
Niemand sal ooit weet of verstaan hoeveel tyd en energie julle deur die jare vir ons skool ingesit het nie. Julle het onbaatsugtig gewerk om die skoolgemeenskap nie net bo water te hou nie, maar ook om dit tot hoër hoogtes te lei.
Ons waardeer julle insette! Baie dankie!
Daarby gesê was Mevrou Marlene Klingenberg en Meneer Carlo Hambrock die afgelope vier jaar saam met hulle op die beheerliggaam en ons is dankbaar dat hulle weereens kans gesien het om verder die skool met hul raad en insette bytestaan. Dankie daarvoor!
Ons wens die nuutverkose beheerliggaam sterkte toe vir die volgende vier jaar. Ons bid vir wysheid, uithouvermoë en energie om die skoolgemeenskap die toekoms in te lei. Ons sien uit na die volgende gedeelte van die skool se loopbaan!
- Voorsitter: Carlo Hambrock
- Ondervoorsitter: Roland Meyer
- Tesourier: Marlene Klingenberg
- Ouerverteenwoordiger: Yvonne Klingenberg
- Skoolhoof: Erika Niebuhr
- Sekretaresse: Heidi Beneke
- Personeelverteenwoordiger: Verona Wortmann
Angelika Johannes